Europe 2019
14 JUNIE 2019: Port Elizabeth
All excited to leave and join hubby in Coperhagen on
Sunday,has been a long 6 weeks but the time has finally arrived. Dropped off
nice and early to fly to Joburg.
Liitle did I know that my time at the airport was going to
go from leaving at 1 to leaving after 4!!
All the flights were delayed without a word from any airport
authority,all we got was flight delayed on the board and then the departure
time that kept on getting later and later!!!
I then phoned my travel agent to find what to do if I miss
my connecting flight in Joburg,but was glad to hear that the airline that is
responsible for the delay then has to get you to your destination or put you up
in hotel for the night.
Had worked out that had to leave PE at 4 at the latest to
catch my connecting flight to Dubai. At 4.15 we eventually left PE and landed
in Jhb at 5.55 and I knew I would have to run like hell and just hope no long
lines at passport control to get to my gate in time.
Well,well by the time I got to the passport control area
there must have been at least 200 people in line and I then made the decition
to just sqeeuse past and tell them going to miss my flight because of
delays,most people were very accomodating but one guy was really worked up and
I just said well excuse me and I am going to try and make it.
Just as well for otherwise I defnitely would have missed my
flight to Dubai.When I got to my gate I actually went into a couphing fit from
all the running and could not stop coughing.So teen die tyd sweet ek en kry
warm en hoes dat dit bars! Ek voel soos iemand met n asma aanval.
Omdat al die vlugte deur die dag vertraag was kom ek darem
by die hek voor dit sluit en ons vertrek presies 40 min laat vir ons vlug na
Dubai.Toe ek uiteindelik te sit kom moet ek eers vra vir water om die gehoes te
probeer stil kry. Al troos was ek het dit gemaak en my sitplek voor een van die
deure op die reuse vliegtuig so baie been spasie vir rek en strek.
Dubai is darem n
agter mekaar plek en die lughawe user friendly.Skoon en netjjies.Daar
het ek sommer dadelik by my volgende hek gaan sit vir my volgende vlug. So
dankbaar kon dit maak,nou net die laaste vlug wat voorgele.
15 June 2019: Coperhagen Denmark
We arrive in Coperhagen and by this time I am wondering will
my 2 suitcases have made it to Coperhagen. Dit is elke keer n gebed saak oor my
tasse en ek besef wat n gemors dit sal wees as hulle nie hier is nie maar ons
glo hulle sal hier wees.
Toe ons land se die kaptein ons land net betyds want daar is
erge weer vir later voorspel en wraggies toe ons in die ry staan om ons tasse
op te tel,begin die band beweeg met net n paar tassies,en myne nerens in sig en
toe stop die hele affere. Eers na n lang ruk word ons ingelig daar is n reuse
donderstorm oor die lughawe met vreeslike reen, donderweer en blitse en geen
tasse kan verder uit die vliegtuie afgelaai word nie!!!
Nou dink ek wat nog, gelukkig is die my eindbestemming want
alle ander persone wat ander vlugte moet vang ,is nou in die moeilkheid. Na
seker n uur word ons ingelig storm nog aan die gang maar sodra dit wyk sal
hulle verder kan aflaai.
Toe is dit tyd vir suitcase spotting en wraggies daar verskyn
my groot tas met al my klere,altyd so verlig en dankbaar om hulle te sien,maar
net 1 maak sy verskyning en toe stop alles weer
Wel na nog n gewag begin die tasse weer uitpop en wonder bo
wonder verskyn my ander tassie ook. Toe is dit tyd vir hotel shuttle opsoek,net
om te hoor eerste een kom eers 6.15 so nou moet ek alweer wag. Het gedink om
taxi te vat maar hulle wil my 200 euro vra vir nie eers n km se gery nie,so toe
besluit ek nee dan moet ek maar wag.
Daai hotel se bad en bed was hemels en het nie baie lank
gehou nie,toe slaap ek soos n baba en waardeur weer n ding soos n bed en n bad.
Volgende dag het ek vroeg die omgewing van die hotel gaan bekyk en n heerlike
ontbyt gehad
Die taxi wat ek gereel het vir my aflaai by cruise terminaal
kos my 310 euro vir 7.4km!!!!
Ek was net te dankbaar om die skippie te sien en te weet
hier sluit ek nou na 6 weke weer by liefie aan.
16 Junie 2019: Warnemunde Duitsland
Die aanboord gaan het alles glad verloop en was te lekker om
2 van die ou personeel wat voorheen met liefie gewerk het weer te sien.Ons
eerste dorpie is Warnemunde in Duitsland en n pragtige klein vissersdorpie. Alles
skoon en netjies met die mooiste winkles en strate.
Gelukkig is liefie af vir die dag en ons kon saam
rondloop.Moet bieg nog nie al my krag terug nie en voel redelik flou,so hoop
met nog n aand se slaap sal ek weer op en wakker wees.More is ons net op die
see so behoort teen ons volgende bestemming weer reg te wees vir rondloop en om
alles te bekyk
19 Junie 2019: Tallinn Estonia
Arrived in this beautiful city just after 9 and then it was
time for rondloop!!
Was quite a long walk from the cruise terminal to the old
city with its stunning ancient walls and tower gateways.
Had a map but wondered if I would get back for I really get
carried away in these stunning places,just cant get enough of the impressive
cobbled streets, castles,medieval merchants homes,towers and romantic history.
Took so many pics and the Cattedrale di Alexander Nevsky was
just breathtaking, was in time for a service and lighting a candle for all my loved
ones. Just sorry no videos or photgraghps,they grab you as soon as you try!!!
So my goed gedra en nie eers skelm probeer nie
Then I went up in the Nuns tower,with beautiful views of the
suroundings. Just outside this tower they had a huge heritage rose bush with
the most stunning aroma,het 2 keer gestop net vir ruik en ruik en ruik. Om
alles te kroon het al die roosbome wat ek gesien het nie enige spikkels of
siektes nie, hulle blink eintlik!
Sommer jaloers.
Then I discovered the market area in the old town and got a
tiny little
pannekoek /crepe to
test which was delicious,next visit I am going to go for the 5 crepes!!! Hoe se
hulle go big or go home.haaa haaa
Also passed a lot of locals with the most stunning bunches
of flowers,maar by daai blomme plek het ek nie uitgekom nie so hopefully next
time,just to have a look and enjoy.
Teen die tyd is ek dors en toe was dit tyd vir n plekkie
soek om iets te drink,en gelukkig kry ek n theatre wat shows doen en koffie,wyn
en bier verskaf,ek het maar vir die bier gegaan en dit was bitter lekker na so
n paar ure van rondloop.
Voor ek terug is skip toe het ek darem vir liefie n ou
presentjie gekry van cheese straws,locally made honey mustard en pork cherky,so
dit was sy verassing. Het nie lank gevat toe is ons albei aan die smul nie.Sien
nogal uit na volgende besoek want kan elke keer ander deel besoek en weet dan
min of meer hoe en waar.
More is ons in Rusland en ek so bevoorreg gaan vir 2 dae op
excurtions en nog die eerste aand op n evening out in St Peterburg met Russies
sjampanje !!! Tot more.
20 June 2019: St Petersburg Russia
Was vroeg opstaan om eers ontbyt te eet en toe in die teater
bymekaar te kom om deur immigrasie te gaan voor ons kon uitgaan om ons bus te
kry vir my eerste dag in Rusland!
Omdat ons met die skip hier is het ons nie n visa nodig nie
maar dit beteken ook dat ons glad nie op ons eie die land kan verken nie maar
net met n excurtion van die skip.
Dit pas my want ons is ver van die beskawing gedok en alles
is net in Russies geen Engels!!
Ook baie gelukkig met die weer want lieflike sonskyn
dag,eintlik warm,en het glo hierso net 40 sonskyn dae in n jaar,so geluk aan
ons kant.
Paar Russiese woorde geleer en dit is Neet wat nee
beteken,Da is ja,en Spiceceba beteken,dankie
Hier ry hulle omtrent verniet,petrol kos hulle 60c n
liter!!! kan jy glo
Ons is toe weg van die dok area en eers na die middestad na
die Spit of Vasilievsky waar ons n uitsig oor die Neva Rivier kon kry ,glo 74km
lank.Kon ook die Winter paleis en die baie bekende Hermitage Museum sien,die
grootste kuns museum in Rusland en ook die oudste in die wereld.Hoop om dit op
n later datum te besoek met n aand besoek hulle se dis indrukwekend en baie
mooi in die aand en baie minder mense.
Toe is ons na Peter and Pauls Fortress,die kerk ook prentjie
mooi en dis die plek waar al die Russiese Monarchs begrawe is.
Die stop by St Isaacs Cathedral was ook iets om te sien,vir
my is alles vreeslik indrukwekkend.
Die geboue in die stad is almal monsteragtig groot ,massief
en mooi.Ons gids was uitstekend en baie oulik,gelukkig doen ons al ons toere
saam met haar so dit was ook lekker. Sy eintlik n dosent by die universiteit en
is ook n toer gids.
Vergeet om te se in die winter kan dit tot -25 grade raak en
tot 2m sneeu!!!!
Net na 1uur was ons weer terug by die skip en toe is dit
siesta tyd want vanaand 7 uur was dit tyd vir n aand by die teater.
Ons is toe die aand na n Russiese Flokloric performance in n
teater in die middestad.Dit was baie oulik en vrolik met al hulle tradionele
drag en danse.
Met pouse was dit tyd vir Russiese sjampanje en dit was
heerlik,eers gedink aan n tweede glas maar my toe bedink want was honger en
moeg van al die rondloop,ook maar goed so want na my glasie was ek vaak!!Ons is
eers weer teen 22h30 terug by die skip en nog lig buite want jou aura heeltemal
deurmekaar krap,toe moes ek nog eers aandete gaan eet.
Het n slapende liefie in die kamer gekry.
21 June 2019: St Petersburg Russia
This morning was another early morning for our guide told us
that she wanted to get us to Petershof Palace as early as possible, for it
really gets cracy as the day goes on with hundreds of visitors!!!
Dit is so n uur se ry van die stad. This palace is known as
the most brilliant summer residence of the Russian Tsars. Peter the Great
designed the layout himself and all the fountains work with gravity No
Electrisity and No pumps,kan jy dit glo,amazing.
They also call this place the Russian Versailles. In die
tweede wereld oorlog het die Duitsers die plek verwoes maar hulle het voor
hulle gekom het baie van die standbeelde begrawe om te voorkom dat hulle dit breek,
slim ne!! en dit toe na die oorlog weer opgegrawe.
Vandag n paartjie ontmoet op my toer wat van Manchester
England kom en 50 jaar getroude lewe vier,te lekker met hulle gesels en toe
later deur die dag 2 verpleegsters van Australie wat eintlik op n kurses is en
sommer n toer ook ingewerk het.
Wel het te doen gekry met n kwaai Russiese vrou,wat my een
kant toe gestamp het, toe ek onwetent in haar pad gekom het toe ek n foto
probeer neem,my dood geskrik,my een kant toe gestamp en geskel dat dit bars,was
eintlik onsteld oor die storie maar nou ja so gaan dit.
Ook amper neergeslaan op stappe en gelukkig my balans weer
gekry voor ek grond toe is,amper koop ek toe grond op die Russiese Tsars se
grond! Ons kon gelukkig ook sien hoe die paleis fonteine aangeskakel word met n
spesiale seremonie en musiek, dit was nogal spesiaal en indrukwekkend. Met
terugkeer na die stad kon ons darem bietjie van die platteland sien en hulle
huisies, dit laat my nogal dink aan Alaska styl. Die woonstelle in die stad is
maar bouvallig en nie te great nie,lyk oud en gedaan,nie almal nie maar baie
van hulle,so lyk my meeste mense woon in klein woonstelle.
Wel dis nou die einde van Rusland en more is dit weer
Helsinki Finland.Kan nie glo ek is al n week weg van die huis nie. Arme liefie
werk dat dit bars,die skippie is besig,maar met al die passasiers kan mens
seker ook nie anders verwag nie. So tot more is dit mooi loop.
Comments
Post a Comment